Reis Saam Met Jesus Na Golgota

Ons herdenk die heiligste oomblikke in die geskiedenis van die wêreld: die lyding, sterwe en opstanding van Jesus Christus, die Redder van die mensdom.


Die kruisweg is 'n roete wat deur miljoene Christene oor die afgelope 2000 jaar gestap is. Ons skep verskeie stasies met visuele uitbeeldings sowel as interaktiewe element van Jesus se pad na die kruis. Jy kan by elkeen van die stasies stop en 'n oomblik van Jesus se reis na die kruis ervaar.

Dit skep vir ons 'n vars manier om Paasfees te ervaar en opnuut ons blydskap volkome te maak in die Here.

Kom ervaar Paasfees op 'n nuwe en persoonlike manier.

Hierdie geleentheid is
100% GRATIS
en oop vir die publiek!

Wanneer kan jy kom?

  • Maandag 3 tot Donderdag 6 April - 15:00 tot 19:00
  • Vrydag 7 tot Sondag 9 April - 10:00 tot 13:00

Ekstras om na uit te sien!

  • Gratis koffie en koekkies
  • Foto muur (vir daardie spesiale herinnering)
  • Persoonlike gebed vir die wat dit nodig het.

Waar om ons te kry

264 Retief Laan
Lyttelton Manor
012 644 2069