Oor Ons

Ons is 'n groep onvolmaakte mense wat probeer om Jesus beter te leer ken en lief te hê. Dit is regtig so eenvoudig! Eenvoudig beteken nie maklik nie, omdat dit baie uitdagend kan wees.

Ons hoop is om elke persoon wat ons ontmoet, mee praat, of tyd saam spandeer, voor te stel aan die diep en oneindige liefde van Jesus. Ons wil hê jy moet tuis voel by Heilige Waters, omdat ons glo dat die regte plek is vir jou om te groei in jou geloof. Jy hoef nie perfek te wees om kerk toe te kom nie, net bereid om te groei. Dit is nie bedoel om skrikwekkend te wees nie en ons waardeer dit dat dit moed verg om iets nuuts te probeer, soos om kerk toe te gaan.

home01

Wat Glo Ons?

ONS GLO in die Ewige, Drie-Enige God, Almagtige Skepper, Onderhouer en Regeerder van die ganse skepping.

ONS GLO
in God die Vader, die Outeur van die skepping en verlossing.

ONS GLO in Jesus Christus die eniggebore Seun van God, die Vader; ware God wat ter wille van die mensdom en sy verlossing, van die Hemel neergedaal en vlees geword het, wat verwek is deur die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria, wat op aarde geleef het, gekruisig, gesterf en begrawe is, wat op die derde dag uit die dode opgestaan en opgevaar het na die Hemel waar Hy aan die regterhand van die Vader sit.

ONS GLO in die Heilige Gees; ware God wat van die Vader en die Seun uitgaan, wat die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en in die hele waarheid lei.

ONS GLO dat die Bybel die Woord van God is, geskryf deur mense onder die inspirasie van die Heilige Gees. Ons glo dat dit gesaghebbend die wil van God verkondig en ons alles leer wat vir saligheid nodig is.

ONS GLO dat alle mense na die beeld van God geskape is; as gevolg van hulle sondige opstand hierdie beeld geskend het; dat alle mense voor God gesondig het en dit die wil van God is dat alle mense saligheid sal ontvang deur geloof in Jesus Christus.

ONS GLO in die doop van die Heilige Gees en in die spreek van tale soos aan alle gelowiges belowe is. Ons glo in die werking van die gawes en vrug van die Heilige Gees in die lewe van ʼn Christen. Ons glo dat ʼn Christen ʼn dissipel van Jesus Christus behoort te wees en ʼn toegewyde en heilige lewe lei.

ONS GLO dat Jesus Christus die Hoof van die Kerk is wat deur die Heilige Gees saamgevoeg is en wat bestaan uit alle wedergebore gelowiges. Die kerk is verantwoordelik vir die verkondiging en demonstrasie van die evangelie en God se wil vir alle mense. As charismatiese gemeenskap verkeer hulle onderling en stig mekaar.

ONS GLO dat die doop van die gelowige deur onderdompeling en die Nagmaal instellings van Jesus Christus is en deur die kerk onderhou moet word.

ONS GLO dat op God se bestemde tyd Jesus Christus Sy kerk sal kom wegneem.

ONS GLO in die oordeelsdag wanneer Jesus Christus die lewende en die dode sal oordeel. Ons glo in die opstanding van die liggaam en ʼn Ewige Lewe vir die regverdige en ewige straf vir die goddelose. Ons glo in ʼn Nuwe Hemel en ʼn Nuwe Aarde waar God in heerlikheid sal Regeer.

Ons Missie

1. Om God te Verheerlik

Om God te verheerlik, is om die grootheid, goedheid en soewereiniteit van God deur aanbidding, gehoorsaamheid, en 'n lewe wat sy karakter en waardes weerspieël, te eer en erken.

2. Om die Evangelie te Verkondig

Om die goeie nuus van redding deur Jesus Christus te verkondig en dissipels van alle nasies te maak deur hulle te leer en te doop in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

3. Om die Totale Persoon te Bedien

Om sorg te dra vir individue se fisiese, emosionele en geestelike behoeftes deur holistiese ondersteuning en begeleiding te bied om genesing, groei en heelheid te bevorder.

4. Om Gelowiges te Onwikkel

Om individue toe te rus en op te lei om volwasse, toegewyde en doeltreffende volgelinge van Jesus Christus te word, wat in staat is om hul geloof te deel, ander te dien en 'n positiewe impak in die wêreld te maak.

5. Om die Invloed van die Kerk uit te Brei

Om die kerk se impak in die gemeenskap en daarbuite te vergroot, deur die boodskap van die evangelie te deel, betrokke te raak by sosiale en liefdadigheidsaktiwiteite, en verhoudinge met individue en organisasies te vestig om sodoende positiewe verandering in die samelewing te bring.

6. Om die Gemeenskap van die Gelowiges te Bevorder

Om egte, liefdevolle verhoudings tussen gelowiges aan te moedig en te fasiliteer, waar hulle kan groei in hul geloof, hul lewens kan deel, mekaar kan dien en saam God kan aanbid.